Monday, June 21, 2010

WWS proe – 22 Mei 2008 - Stellenbosch

Teenwoordig
l Barend
l Hammer
l Charl
l Tiny
l Chops
l Justin Corrans - Gas

Afwesig met verskoning
l Steyn
l Piet boer
l De Wet
l Ettiene
l Maree

Afwesig sonder verskoning
l Die glase – De Wet, ons wag nog vir 'n amptelike verduideliking. Sover dit my kennis strek is dit nie ons elite wynproekring se werk om glase uit te leen aan wynproekringe aan die onderkant van die voedselketting nie. Maar ons sal jou 'n kans gun om op die volgende proe jou saak te stel.

Die proe se tema was “ander wit kultivars”, met die doel om 'n paar van die minder algemene kultivars te probeer. Agv 'n gebrek aan glase is daar 'n effense ander formaat van proe gebruik. Een wyn is gegooi en almal het dadelik die wyn bespreek. Dit het verbasend goed gewerk en daar is gevoel dat ons miskien dit weer kan doen as 'n afwisseling op die meer tradisionele manier van doen. Daar is ook nie noodwendig punte aan die wyn toegeken nie, maar daar was oor al die wyne sterk konsensus. Die wyne het as volg gerank
Rustenberg Rousanne 2006 – wyn was mooi kompleks en het besonderse volume en lengte getoon
Bellingham Fair Maiden 2007 – 'n versnit van 6 kultivars, Viognier, Chenin blanc, Grenache blanc, Rousanne en nog ander. Wyn het hout goed gedra en was goed gebalanseerd.
Hartenberg Weisser Riesling 2007 – Definitiewe Weisser karakter met sterk klem op botrytis geure, well made wine.
Neethlingshof Gewurztraminner 2007 – 'n ou gunsteling, 'n wyn wat vol is op die neus en aangename pallet het. Op die vraag oor hoekom daar so min van die kultivar is, het Hammer gou geantwoord dat die ding hou baie daarvan om te vrot.
Overgauw Sylvaner 2007 – 'n droe witwyn met niks spesiaals nie
L'Ormarins/Tierra del Capo Pinot Grigio 2008 – wyn het verbasend baie bottel veroudering en ontwikkeling gehad vir 'n 2008 wyn. Oor die algemeen teleurstellend
Boland Nouvelle 2007 – 'n kloning uit suid afrika uit. En in die meeste mense se opinie nie 'n wenner nie, inteendeel redelike offensive en een dimensioneel. Soos sy rooi broer Pinotage, nie juis iets wat jou trots maak om 'n Suid Afrikaner te wees nie

'n Paar punte wat ek veronderstel op die agenda moes gewees het(maar dit nooit gemaak het nie), was die volgende proe asook die wegnaweek. Ek kan egter nie onthou dat ons ooit sover gekom het nie. Ons het wel 'n paar ander punte bespreek.
Nadat 'n paar van die land se probleme opgelos is, die nuwe Valiant Swart cd twee maal deurgeluister is en Chops ons begin bederf het met 'n stukkie Tom Waits, is daar besluit om ook 'n paar van die akker se probleme op te los.
Daar is bespiegel oor wanneer laas die hele wynproe na die proe saam 'n brandewyn of 'n bier gedrink het, soos wel die aand gebeur het. Daar is oor die lot van afrikaanse literatuur gewonder en Barend het amper die baas verkeerd opgevryf deur te vriendelik te wees met sy vrou. Barend het later ook weer vriende gemaak met die baas toe hulle die lot van Portugal se sokker in die die Euro 2008 bespreek het. Later is Barend ook oorval deur 'n meisie wat by die deur ingestorm het om hom te omhels. Barend het ook 'n ander ou vriendin her-ontdek via Piet van Zyl se troue. Die res van ons het onsself besig gehou met verwersings.
Die volgende dag was baie lank.

No comments:

Post a Comment