Ons klein en silwrige planeet
is ryker as die gode weet
die koring is 'n heuningsel
waaruit die goue aarde wel
die wingerd is 'n sooi-geel bron
wat uit die erts prut na die son
ek sny die brood en drink die wyn
en hou my hart van gode rein
NP van Wyk Louw
WWS is 'n wynproe groep wat al bestaan sedert 2002. Die groep kom elke maand bymekaar wanneer wyne geproe en bepraat word. Die groep bestaan uit 10 mense wat in die boland en noordelike voorstede van Kaapstad woonagtig is. Daar is ook een of twee lede uit die suidelike voorstede.
Wednesday, January 19, 2011
Friday, January 14, 2011
Notule 4 November 2010
NOTULE VAN WWS-PROE: 4 November 2010
Plek: Durbanville
Voorsitter: Rassie
Tema: Bonnievale/Robertson vs Stelenbosch area
Bywoning:
Teenwoordig: Hamer, Piet, Chops, De Bruyn, Higgo, Rassie
Verskoning: Charl, Etienne, Tiny, Danie, Wilhelm
Gaste: Isak Meyer, Carl du Toit
Wyn proe:
Die proe het bestaan uit 3 ”flights” (1 wit en 2 rooi) van 4 wyne elk. Cultivars was Chardonnay, Pinotage, Cab, Shiraz en Merlot. Die wit wyne was van die Bonnievale / Robertson vallei met een uitskieter (wyn van Italie). Op die rooiwyn is een wyn van Stellenbosch en een van Bonnievale/Robertson vir elk van die 4 4 rooi kultivars geproe. Die wyne is almal blind geproe.
Die punte was as volg:
• Beste punt van die aand was Danie De Wet se D’Honneur Chardonnay op 15.69.
• Wyn nommer 7 het die hoogste standaard afwyking wat dui op baie wyd uiteenlopende opninies oor die wyn.
• Daarenteen het wyn 10 die laagste standard afwyking wat dui op konsensus.
• Ek het my eie proe die hoogste gepunt op gemid van 15.7 met Chops ‘n kortkop agter op 15.4
• Carl het die laagste gemiddeld gescore op 12.6
Volgende proe: jaarafsluiting/jaarwegspring met Higgo 13 Januarie.
Rassie

Datumlys 2011
Do. 13 Januarie: Higgo
Do. 03 Februarie: Geen proe (pars)
Do. 03 Maart: Geen proe (pars)
Do. 07 April: Etienne
Do. 05 Mei: Wilhelm
Do. 02 Junie: De Bruyn
Vr. 08 – So. 10 Julie Chops (tentatiewe wegnaweek op Franskraal)
Do. 04 Augustus Charl
Do. 01 September Tiny
Do. 06 Oktober Hamer
Do. 03 November Piet
Do. 01 Desember Danie
Do. 12 Januarie Rassie

Tuesday, January 11, 2011
2011, die muses van die wingerd en Watermeyer
Valiant Swart en Ollie Viljoen het onlangs 'n toonsetting van W.A. Watermeyer se gedig "Ballade op 'n dronkparty gedoen: http://www.youtube.com/watch?v=s5xbCsuYjwg (Youtube link).
Ter inspirasie vir die 2011 se proe sessies, Higgo se komende proe; en om die muses van die wingerd te roep het ek gedink dit is gepas om die oorspronklike vers hier in te sluit.
“Ballade op die dronkparty” G A Watermeyer
Jou oë sing ‘n ou verhaal
van goud wat teen die reënboog lê
en sal jou lippe teen my lip
‘n onvertelde teerheid sê
Pols jou vingers aan my pols
die boodskap wat die bloed begryp?
Jou mond is met die bitter rooi
van wildebessies ryp.
Wie het die ronding van jou vlees
so soepel om die been gedraai?
En watter heuwels en vallei
die wit mis van jou tabberd toegewaai?
Een het my om haar lag verlei
een om haar trots versaak
en ek, tussen verwyt en leed,
al dronker aan die drink geraak...
Die liefde is die bitter glas,
die droë glas, die donker glas.
Die liefde is die naverdriet
Wat in die hart se holte pas.

Subscribe to:
Posts (Atom)