Thursday, January 9, 2014

Alex Volkwyn die herverkiesde skriba vir 2014 se "opening remarks" vir die jaar


“As I ate the oysters with their strong taste of the sea and their faint metallic taste that the cold white wine washed away, leaving only the sea taste and the succulent texture, and as I drank their cold liquid from each shell and washed it down with the crisp taste of the wine, I lost the empty feeling and began to be happy and to make plans.”

 

Onverbeterlike Cederberg Wnproe met Pieter tydens 2013 Wegnaweek



Die Siel van Wyn - Charles Baudelaire - vertaal deur Uys Krige 1950

Uys Krige, vir die luit en die kitaar, 1950 vertaal uit Frans geskryf deur Charles Baudelaire
  
Een aand, in die bottel, het die wyn se siel gesing:
"vir jou, o mens, jy wat ontwerwe is, wankelswak,
vir jou uit my glastronk met sy groen flonkering,
sing ek my lied vol lig en liefde en broederskap!
 
"Ek weet wat dit moes kos daar op die rant in lig
       gedrenk,
aan sweet en swoeg en sonnebrand om so gestadig
die lewe in my te wek en my siel te skenk;
maar ek sal nie ondankbaar wees nie, nog misdadig,
 
want o my vreug ken paal nog perk wanneer ek spoel
af in jou keel, o mens vroeg afgesloof en oud,
en in jou warm bors 'n tuiste vind waar ek my voel
geselliger as diep verdoke in my kelders koud.
 
"hoor jy weerkliknk die bly refreine van die fees
en die hoop wat kwetter in jou hart wat hyg?
Ja, jy sal dronk word, dronk van jou drome allermees,
en jy sal my verheerlik, dan, tevrede swyg.
 
"Die oe van jou vrou, verruk, sal ek ontvlam;
jou seun sy kleur skenk en krag vir sy lewenswerk,
vir daardie teng're atleet, lank reeds verstyf, verstram,
die olie wees wat sorst'laarspiere sterk.
 
"ek val in jou soos nektar in 'n kruik gestort,
edele saad wat die Alsaaier werp met die gebod:
dat uit ons liefde teer die poesie gebore word
om soos 'n blom so skoon hoog op te skiet tot God!"
 

Natuurlike wyne - 9 Januarie 2014


Natuurlike wyne - 9 Januarie 2014

Natuurlik kan mens nie verwag dat almal van dieselfde wyn sal hou nie. Dit is immers in die mens se natuur om te verskil.

En die natuur is nie altyd dieselfde nie, die natuur gee jou die perfekte dag op die strand, ook die perfekte sonsondergang bo-op ‘n berg. Maar helaas gee die natuur jou ook hurricane Sandy, wat die biljoenêrs van die upper west side in NYC forseer om 13 blokke af te stap om hulle iPhones te charge want daar is nie meer elektrisiteit in hulle $10 000 000 woonstelle nie.

So ook met natuurlike wyne, een wyn, 9 proërs en 25 opinies. Ons kan net nooit ophou om te kyk wat oor die horison lê nie, in die befaamde woorde van Mark Twain – “… cast off the bowlines, sail away from the safe harbour. Explore, dream, discover.”

Sela

1.       2011 VOUVRAY LA DILETTANTE SEC

bio dinamiese proe aangebied deur thinus fram kruger januarie 2014