Natuurlike
wyne - 9 Januarie 2014
Natuurlik kan mens nie verwag dat almal van
dieselfde wyn sal hou nie. Dit is immers in die mens se natuur om te verskil.
En die natuur is nie altyd dieselfde nie,
die natuur gee jou die perfekte dag op die strand, ook die perfekte sonsondergang
bo-op ‘n berg. Maar helaas gee die natuur jou ook hurricane Sandy, wat die
biljoenêrs van die upper west side in NYC forseer om 13 blokke af te stap om
hulle iPhones te charge want daar is nie meer elektrisiteit in hulle $10 000
000 woonstelle nie.
So ook met natuurlike wyne, een wyn, 9
proërs en 25 opinies. Ons kan net nooit ophou om te kyk wat oor die horison lê
nie, in die befaamde woorde van Mark Twain – “… cast off the bowlines, sail away from the safe harbour. Explore,
dream, discover.”
Sela
2. 2007 MALVASIA BIANCA AGENO – nie iets wat Rassie na ‘n skaapboud op
Ekkraal sal drink nie, een kweper te veel vir hom. Iets wat Etiennie sy werk
sal laat verloor. Iets waarmee ek heeldag en aldag sal kan krieket kyk op
Nuweland. Of Lords. Soos die gal in die bloubokkie se kop sit, so sit die
tannien in die dop.
3.
2009 SAUVIGNON VIGNNASOU – tussen di bas en die boom.
Meer soos vonkelwyn sonder die vonkel was iemand se kommentaar. So klein
bietjie soos Scarlett Johansson sonder die lippe en sonder die borste.
4. 2008 SANCERRE BLANC “AKMENINE – baie mense se wyn van die
aand. Flor en oksidatief was sommige calls, met daai varsheid wat net nie wil
weggaan nie, só ja. Maar op ‘n manier steeds Sauvignon
5. 2012 Sweet cheeks – Lammershoek – Lekker man, lekker. ‘n
Totale eye opener vir Hammer, ek vermoed daar gaan binnekort ‘n droë Hanepoot
ui die DGB stal uit verskyn. Weereens ‘n baie lewendige varsheid, vibrancy in
die taal van die Antichris.
6.
2010 POULSARD DORABELLA LA
MAILLOCHE – nou
hier is ‘n wyn om oor huis toe te skryf, solank jy net nie iemand is wat glo
“more is more” i.t.v. kleur nie.
7.
2010 VIN DE FRANCE “FABLE” - Nat vleis met so bietjie
gemaalde koljander in die hoek waar die biltong mix gemeng word. Proe ons dit
alles in een wyn of is net ‘n fabel. Seker die wyn met die meeste intensiteit,
modern maar tog klassiek. Fok, die wyn kon ‘n politikus gewees het.
8.
2011 CHINON BEAUMONT – van sy ma af. So tipies Cab
franc dat ons weet hy is opreg. Tolla het mos so storie vertel oor die opregte
hond, sy ma en sy pa was ‘n hond. En op 11% het die vroeg pars nie gemaak dat
die wyn midner groen is nie. Not my cup of tea.
9. 2011 VIN DE FRANCE “RACKHAM” ROUGE – Het die wyn te hard
probeer? Of net te anders? Die wyn was soortvan amper sonder persoonlikheid,
amper soos Scarlett Johansson sonder die lippe en sonder die borste, en sonder
die smile en sonder persoonlikheid(wat ons hoop sy het). Maar miskien is ek
effe te hard op die wyn.
No comments:
Post a Comment