WWS is 'n wynproe groep wat al bestaan sedert 2002. Die groep kom elke maand bymekaar wanneer wyne geproe en bepraat word. Die groep bestaan uit 10 mense wat in die boland en noordelike voorstede van Kaapstad woonagtig is. Daar is ook een of twee lede uit die suidelike voorstede.
Sunday, April 29, 2012
Pinot Noir Proe: 12Januarie 2012 Wellington
Vooraf bespreking:Thinus het voorgestel dat ons jaarliks een proe hou waar ons internasionale “benchmark”wyne proe. Ons moet egter by die 12 April proe besluit hoe ons dit gaan benader.Gaan ons een of twee manne van ons groep vra om die wyne te kies en dan voorafvir hulle die geld oorbetaal, of kry ons iemand soos Roland om die wyne uit tesoek of vir ons te kry en dan bied hy dit sommer aan. Ander voorstel is dalk omby elke proe geleentheid vorentoe ten minste een internasionele wyn in tesluit?
Proe opsomming: Diegedagte van die proe was om Pinot noir wyne van goeie terroirs in Suid-Afrikamet mekaar te vergelyk en dan ook een klassieke Burgundy Pinot tussenin te gooi vir uitkenning en kalibrering.
Subscribe to:
Posts (Atom)