Tuesday, January 11, 2011

2011, die muses van die wingerd en Watermeyer

Valiant Swart en Ollie Viljoen het onlangs 'n toonsetting van W.A. Watermeyer se gedig "Ballade op 'n dronkparty gedoen: http://www.youtube.com/watch?v=s5xbCsuYjwg (Youtube link).

Ter inspirasie vir die 2011 se proe sessies, Higgo se komende proe; en om die muses van die wingerd te roep het ek gedink dit is gepas om die oorspronklike vers hier in te sluit.

“Ballade op die dronkparty” G A Watermeyer

Jou oë sing ‘n ou verhaal
van goud wat teen die reënboog lê
en sal jou lippe teen my lip
‘n onvertelde teerheid sê
Pols jou vingers aan my pols
die boodskap wat die bloed begryp?
Jou mond is met die bitter rooi
van wildebessies ryp.
Wie het die ronding van jou vlees
so soepel om die been gedraai?
En watter heuwels en vallei
die wit mis van jou tabberd toegewaai?
Een het my om haar lag verlei
een om haar trots versaak
en ek, tussen verwyt en leed,
al dronker aan die drink geraak...
Die liefde is die bitter glas,
die droë glas, die donker glas.
Die liefde is die naverdriet
Wat in die hart se holte pas.

No comments:

Post a Comment