NOTULE VAN WWS-PROE: 15 September 2010
Plek: Groenland
Voorsitter: Piet
Tema: Die Moeilikste proe van die jaar (debatteerbaar though?!)
Teenwoordigheid
Teenwoordig Verskoning
Charl Hamer
Tiny Etienne
Piet
Chops
Higgo
Danie
De Bruyn
Wilhelm
Rassie
Admin
• Geluk aan Etienne met Absa Pinotage Top 10, dubbelgoud Michelangelo en Sue van Wyk trofee by Michelagelo, asook aan Danie met Pinotage Top 10
• Glase: Tiny sal die kwessie verder opvolg en ons laat weet
• Volgende proeë: Oktober by Hamer (Hy sal datum bevestig)
November: Rassie
Desember: Higgo the Boss man
Wynproe:
6 Shiraz’e is geproe in 2 “flghts” - 5 van Suid-Afrika en 1 van Argentinië.
Die doel van die proe was om meer te konsentreer om die kenmerke van die wyne (visueel, geure, styl, kwaliteit, houtkomponent, verouderingskenmerke etc) te kan neerskryf met die proe (blind) van die 1e “flight”.
Dieselfde 6 wyne word dan weer geskink uit dieselfde bottel en geproe in ‘n ander volgorde in die 2e “flight”. Die proeërs moes dan op grond van wat hy neergeskryf het in die 1e “flight” probeer indentifiseer watter wyn in “flight 2” pas by watter wyn van “flight 1”. Lekker moeilik né.
Well done aan Tiny Torres en Higgo (wat dus sy naam as the Boss gestand doen) wat die enigste 2 manne is wat al 6 wyne kon korrek “match”.
Nadat die korrekte volgordes deurgegee is, is elke wyn bespreek en het as volg gevaar:
(van hoogste punt na laagste)
Wyn Oesjaar Gemiddelde Punt
1) Mooiplaas Shiraz 2004 16.11
2) Kaapzicht Shiraz
Groenland Shiraz Premium 2005
2007
15.11
4) KWV Cathedral Cellar Shiraz 2005 15.06
5) Zonnebloem Shiraz 2005 14.89
6) Argentynse Shiraz 2005 14.67
En dis eers dit. Thanx weer aan almal wat dit kon maak.
Tot die volgende proe dan.
Piet
No comments:
Post a Comment