Plek: Op die grens van Kraaifontein en Brackenfell
Voorsitter: Maree
Tema: Tri-nations
Teenwoordigheid
Teenwoordig
Verskoning
Hamer
PD
Etienne
Dave
Piet
Steyn
De Wet
Jacus
Maree
Abraham
Barend
Spesiale gaste
Jeanette du Toit
Liezel Hurter
Jeanette verdien eervolle vermelding vir haar verkryging van ‘n paar skaars wyne.
Administrasie
Aangesien Jacus sy eerste proe moes mis, word daar eenparig besluit dat hy aan elke lid 4 bottels Nitida Sauvignon Blanc 2006 sal skenk as gebaar van versoening.
Aangesien Etienne vir Jacus voorgestel het, word daar besluit dat bogenoemde pakkie aangevul sal word met 2 bottels Altydgedacht Sauvignon Blanc 2006 om ‘n halwe kis op te maak.
Wyne geproe
Die proe is voorafgegaan deur ‘n verbruikerstoets van die Altydgedacht SB 2006 (vriendelik geborg deur die wynmaker; hierdie is een van die bogenoemde wyne wat lede in hulle Kerskous kan verwag). Die toets word met vlieende vaandels geslaag.
Die tema was Shiraz. Dit was wel die 3e keer vanjaar dat ons Shiraz proe, maar met so mooi verskeidenheid plaaslike en internasionale wyne wat skoonsus in die hande kon kry, moes die tema eenvoudig Shiraz wees.
9 wyne was op die spyskaart, waaronder 5 van Suid-Afrika, 2 van Australie en 1 elk van Nieu-Seeland en Frankryk – dalk eerder Wereldbeker semi-finaal as Tri-nations, soos wat Piet opgemerk het.
Die bedoeling was eenvoudig om ‘n paar topklas internasionale wyne langs mekaar te sit en te kyk of die paneel die land van oorsprong kon identifiseer. Om op so ‘n geleentheid vergelykbare wyne langs mekaar te sit, moet jy jou noodwendig op ‘n gemene deler verlaat wat meeste van die wyne al geproe het. Ongelukkig is hierdie gemene deler meestal kontroversieel. In hierdie geval was dit Robert Parker, sowel as die Platter-gids. Beide was dit egter eens dat die wyne hulle man kon staan, met die uitsondering van Koelfontein en Chateau Grande Cassagne, wat nie vantevore deur hulle geproe is nie.
Oor die algemeen is die Australiese wyne geidentifiseer as nie-Suid-Afrikaans. Craggy Range (NZ) toon sterk ooreenkomste met SA wyne in die swaarder styl.
Sedert die proe is die resultate van 2 prominente Suid-Afrikaanse wynskoue, Veritas en Michelangelo, bekendgemaak. Koelfontein het ‘n Veritas dubbelgoud ingepalm en ‘n Michelangelo silwer. Graham Beck is met ‘n Veritas goud beloon en ‘n Michelangelo dubbelgoud, sowel as die algehele trofee vir die beste wyn op die kompetisie.
Die punte was as volg:
Wyn
Oesjaar
Gemiddelde Punt
Koelfontein
2004
17.5
M. Chapoutier Syrah, Mount Benson (Aus)
2002
16.5
Graham Beck The Ridge
2002
16.5
Craggy Range (NZ)
2001
16.5
Tim Gramp, McLaren Vale (Aus)
2002
16.3
Rudi Schultz
2004
15.8
Beaumont, Walker Bay
2003
15.2
Boekenhoutskloof
2001
14.9
Chateau Grande Casagne, Les Rameaux (Fr)
2001
13.9
Ander sake
Daar word kennis geneem dat sommige lede hulle notules baie laat uitstuur. Notules moet asseblief so spoedig moontlik na die proe uitgestuur word.
No comments:
Post a Comment