Monday, June 21, 2010

NOTULE VAN WWS-PROE: 3 September 2009

Plek: Friesland

Voorsitter: Piet

Tema: Kultivar uitkenning

Teenwoordigheid

Teenwoordig
Verskoning
Hamer
Charl
Etienne
Tiny
Piet
Steyn
Chops

Danie

Barend
Rassie


Gaste
Andries le Roux - Groenland


Administrasie

Geluk aan Etienne met Absa Pinotage Top 10
Volgende proe: 1 Oktober by Barend



Wyne geproe

Die doel vd proe was tweeledig van aard:

1) Kultivar uitkenning. 9 wyne is geproe, waarvan 8 Kultivar-eg was en 1 wyn was ‘n versnit. Al die oesjare was van 2005-2007 (behalwe die Cab.Sauvignon), en almal was min of meer uit dieselfde omgewing (Bottelary/Stellenvosch) om in ‘n mate “appels met appels” te probeer vergelyk (of in hierdie geval dalk “druiwe met druiwe”). Die wyne was blind geproe in 3 “flights” van 3 elk en moes elke man eers die kultivar probeer uitken. Na die bekendmaking daarvan is die wyne gepunt.
2) Die 2e deel van die toets was om die wyne uit 17 te punt bloot op grond van kwaliteit. Die persepsie bestaan dat ons soms wyne te laag punt en eerder soek vir foute as om ‘n goeie wyne sy erkenning te gee wat dit toekom. Onder die wyne wat geproe is, is daar onder andere wyne wat Platter 4.5 sterre ontvang het, Prowein Goue medalje, Veritas Goud, Michelangelo Goud en Beste Enkel kultivar op Decanter Awards. Die 3 punte wat dus gewoonlik in ag geneem word vir kleur is vir eers uit die punteskaal uitgelaat, waarna ek dit aan die einde (sonder dat die proeërs dit geweet het) weer bygesit het by al die wyne om ‘n totaal uit 20 te kon kry. My gevoel was dat mens makliker vir ‘n wyn 15 uit 17 gee as 18 uit 20.

Die punte van beste na swakste posisie was as volg:

Wyn
Oesjaar
Gemiddelde Punt
1) Hartenberg Shiraz
2005
17.9
2) Kaapzicht Steytler Pinotage
2006
17.2
3) Kaapzicht Steytler Pentagon (Cab-Mer Blend)
2006
17.1
3) Fleur du Cap Unfiltered Merlot
2006
17.1
3) Goedehoop Cabernet Sauvignon
2001
17.1
6) Morkel Malbec
2005
17.0
7) Mooiplaas Cabernet Franc
2005
16.5
8) Morkel Petit Verdot
2005
15.8
9) Monterosso Sangiovese
2007
15.2

Algemene opmerkings:

- Geluk aan Danie wat meeste wyne reg kon identifiseer en daarmee – volgens hom – nou as amptelike lid van die WWS kwalifiseer.
- Die gemiddelde punte was aansienlik hoër as vorige proeë met twee-derdes van die wyne wat 17 uit 20 en hoër gepunt het. (wat ek dink ‘n 1e vir die WWS is).
- ‘n interessante opmerking deur Oom Dirkie Morkel van Bellevue (wat ek en hy die oggend voor die proe gehad het) was dat as jy nie erens in jou lewe ‘n wyn kan 20 uit 20 gee nie, beteken dit jy punt nie uit 20 nie. As jou hoogste punt dus ooit in hierdie kring vir enige wyn 18 uit 20 was, beteken dit jy proe in effek slegs alle wyne uit 18 in plaas van 20…..maar hierdie is bloot ‘n interessante seining.

Ek dink dis eers dit. Thanx weer aan almal wat dit kon maak.
Tot die volgende proe dan.

Piet

No comments:

Post a Comment