Monday, June 21, 2010

NOTULE VAN WWS-PROE: 2 Augustus 2007

Plek: Wellington

Voorsitter: Maree

Tema: Warm en koel areas

Teenwoordigheid

Teenwoordig
Verskoning
Jacus
Hamer
Etienne
Dave
Piet
Thinus
De Wet
Chops
Maree

Steyn

Barend



Administrasie

Volgende proe is 6 September by Hamer
De Wet “RSG Geldsake” van der Spuy sal vir ons kraffies en kratte kry. Hy sal laat weet hoeveel dit kos en ons kan by die volgende proe regmaak met hom.
Gilde word wel met ‘n “i” gespel en nie met ‘n “u” nie.
“Minty” Dave is gemis, gelukkig het die Pulpit Rock Pinotage ons aan hom herinner!



Wyne geproe

Die idee was om ‘n vergelyking te probeer tref tussen wyne uit ‘n warm streek versus wyne uit ‘n koeler streek, van dieselfde kultivar. Vyf kultivars is geproe (sauvignon blanc, chardonnay – gehout, shiraz, cabernet sauvignon en pinotage).

Die wyne was gepaar volgens kultivar met ‘n warm en ‘n koel -area wyn in elke flight. Die verrigtinge is afgeskop met kultivar-uitkenning en ‘n algemene bespreking van eienskappe om op te soek in warm en koel -area wyne.

As ‘n reel sal ‘n sauvignon blanc uit ‘n koeler streek meer “herbaceous” en grasagtig vertoon, terwyl een uit ‘n warmer area eerder na die tropiese vrugte kant sal neig. Daar is natuurlik uitsonderings, bv Altydgedacht wat van nature mooi tropiese vrug eienskappe het.

In die rooi kultivars sal ‘n koeler area moontlik ‘n bietjie meer finesse (nie die sjampoe nie) vertoon en meer kompleks wees. ‘n Shiraz uit ‘n koeler area behoort meer spesery-agtig te vertoon, teenoor ‘n meer “fruity” warm area wyn (bv Frankryk vs Australie).

Die wyne geproe volgense kultivar was:

Wyn
Oesjaar
Gemiddelde Punt
1) Altydgedacht Sauvignon Blanc
2007
16.3
2) Springfield – Life from Stone
2006
15.1
3) Graham Beck Chardonnay
2004
14.8
4) Cape Point Chardonnay
2004
15.5
5) Raka Biography Shiraz
2003
15.6
6) Wamakersvallei La Cave Shiraz
2003
14.6
7) Welbedacht Schalk Burger Cabernet Sauvignon
2003
14.9
8) Steenberg Cabernet Sauvignon
2005
15.5
9) Pulpit Rock Pinotage
2005
15.4
10) L’Avenir Pinotage
2004
14.8

Algemene opmerkings:

Oor die algemeen is lae punte toegeken, heel moontlik omdat die wyne eerder met mekaar vergelyk is in die kultivar-flight, as om die wyn ‘n “stand-alone” punt te gee. Interressant dat met die uitsondering van L’Avenir, die wyn uit die koeler area altyd ‘n beter punt behaal het. Hierdie uitslag is moontlik ‘n “fluke” en het dalk eerder iets met die spesifieke wyne te doen gehad en hoe hulle op die aand vertoon het, as wat ons dit as ‘n reel kan aanvaar. Veral die 2 Wellington wyne (6 en 7) is hoog aangeskrewe en het nie juis uitgeblink nie; ditto vir L’Avenir.

Baie geluk aan Etienne, wat met wyn 1 (letterlik en figuurlik) net weer eens bewys het hoekom hy aand na aand stringe dames moet wegwys.

No comments:

Post a Comment