Uys Krige, vir die luit en die kitaar, 1950 vertaal uit Frans geskryf deur Charles Baudelaire
Een aand, in die bottel, het die wyn se siel gesing:
"vir jou, o mens, jy wat ontwerwe is, wankelswak,
vir jou uit my glastronk met sy groen flonkering,
sing ek my lied vol lig en liefde en broederskap!
"Ek weet wat dit moes kos daar op die rant in lig
gedrenk,
aan sweet en swoeg en sonnebrand om so gestadig
die lewe in my te wek en my siel te skenk;
maar ek sal nie ondankbaar wees nie, nog misdadig,
want o my vreug ken paal nog perk wanneer ek spoel
af in jou keel, o mens vroeg afgesloof en oud,
en in jou warm bors 'n tuiste vind waar ek my voel
geselliger as diep verdoke in my kelders koud.
"hoor jy weerkliknk die bly refreine van die fees
en die hoop wat kwetter in jou hart wat hyg?
Ja, jy sal dronk word, dronk van jou drome allermees,
en jy sal my verheerlik, dan, tevrede swyg.
"Die oe van jou vrou, verruk, sal ek ontvlam;
jou seun sy kleur skenk en krag vir sy lewenswerk,
vir daardie teng're atleet, lank reeds verstyf, verstram,
die olie wees wat sorst'laarspiere sterk.
"ek val in jou soos nektar in 'n kruik gestort,
edele saad wat die Alsaaier werp met die gebod:
dat uit ons liefde teer die poesie gebore word
om soos 'n blom so skoon hoog op te skiet tot God!"
goeie werk Rudolph....lekker om op die blog te wees!
ReplyDelete