DJ Opperman skryf in "Gees van die Wingerd" (kommissie van die KWV) - 1968 oor die invloed van wyn op antieke helde:
"Voorts gebruik Homerus nie minder as 18 verskillende byvoeglike naamwoorde gereeld saam met die selfstandige naamwoord vir "wyn". Die wyn wat sy helde gedrink het, was "soet" of "heuningsoet" of "soet om te drink" of "na smaak" of sommer net "lekker". In die land van die Siklope is dit van "groot druiwetrosse" gemaak; en wat voorkoms betref, was die "vonkelend" of "donker" of net "rooi". Dit was "goed vir 'n man" of meer poeties, "heining vir die hart" en kon 'n held vrolik maak, maar hom ook "laat dwaal".
No comments:
Post a Comment